South African Poetry.
Home | Poetry | Electronic Music | Web Design Articles | Ringtone Downloads and Production

 

Poetry

Apologies to anyone who doesn't understand Afrikaans!

Here is a selection of Afrikaans poetry that I have written.


Hier is 'n paar van my gedigte. Sommer maar woorde wat op 'n tyd iets beteken het.

Bokke Bo

Die Impi strydliedjie weergalm sterk
en los niemand se keelknoppe uit.
Trots staan die Groen en Goud daarvoor
en huil saam met die dedicated fans hier by.

Party vat dit verboureerd:
saam met die Ingelse staar my buksie
grootoog die gedoente aan,
my voete hop-hop saam.

Ons drom saam om vir Schalk te skree,
hy vlieg soos 'n koeël uit 'n geweer.
Ons spring op om die drie te cheer,
trap ek honnestert wat saam volume gee.

Die manne haal weer diep uit vandag
en speel dat die stoom staan.
Ons skree, Ingelse, jul moet verloor!
Vandag is die Bokke bo!

- © Dirk Tolken -

Buitenste Ruim

Ek skryf vir jou 'n boodskappie, na die buitenste ruim.
Vir eendag wanneer jy dit toevallig sal kry.
'n Boodskap met hande en voete, wat waai, skop en makietie hou,
sodat jy dit nooit kan vermy.
Ek skryf vir jou 'n boodskap met 'n houtlepel geroer.
Tot ek net die regte resep kon skep,
om jou oë te laat blink en om jou hart ook te 'vervoer'.

Want wanneer jy naby is lyk al die ander goed skielik vaal.
Dis asof geld sy glans verloor en asof blink juwele tog maar op gangsters hoort.
Daar is iets meer.
Iets wat ek wil sien, weer en weer.
Soos om rollercoaster te ry en my hande in die lug te steek
en my oor te gee aan die genade en met hare in alle rigtings af te klim en te dink:
'Nog 'n keer!!'

- © Dirk Tolken -

********************************************************************

Reën

Die wind sif deur die bome
en trek aan my baadjiepunt.
Ek staan, asem diep, sug.
Ek het jou in my gedagtes gevind.

'n Verdwaalde druppel plas in my palm
en ek dink aan die kans daarvan.
Dis asof hy gestuur was om te fluister:
"Sy's een uit 'n duisend."

Die son verdwaal tussen die wolke,
en loer soos 'n skaam kind om 'n hoek.
Ek maak my oë toe, hou jou in my arms
en glimlag vir ons manier van dinge doen.

Die sinkplate kreun op die gebou langs my.
'n Waarskuwing van weer wat kom.
Maar ek staan stewig, hou vas,
aan my drome oor die dae wat was.

Nog 'n druppel plof op die grond.
Die wêreld staan bakhand en wag.
Ek hou jou na aan my hart,
want daar kom reën vandag.

- © Dirk Tolken -

 

 

Bookmark This Page!